GEKOMBINEERDE SKOOL CHRISTIANA
 
WISKUNDE NOORDWES OLIMPIADE
Math Buzz Klerksdorp wil met trots vir die volgende leerlinge van Gekombineerde Skool Christiana erkenning
gee vir hul uitstaande prestasie tydens die Wiskunde Noordwes Olimpiade wat op 19 September 2020 gehou
is.
 

GRAAD 1:
Erinke Kruger: Goue medalje vir die Buzz Challenge
Goue medalje vir Abacus Maths

GRAAD 2:
Dianelle Swan: Silwer medalje vir die Buzz Challenge
Goue medalje vir Abacus Maths
Toekenning vir Large Numbers
Johandré van Heerden : Silwer medalje vir Buzz Challenge
Best of the Best trofee vir Abacus Math
Toekenning vir Large Numbers

GRAAD 3:
Joshua Dercksen: Goue medalje vir die Buzz Challenge
Goue medalje vir Abacus Maths
Monique Botes: Brons medalje vir die Buzz Challenge
Best of the Best trofee vir Abacus Maths

        BAIE GELUK ONS TROTS OP ELKEEN VAN JULLE !!!
 
 
 
GRAAD 12 - EERSTE DEPT.  EKSAMENS
Asof mens se Graad 12 jaar nie reeds vol uitdaagings is nie - is dit vanjaar ’n nagmerrie !
Op Donderdag 13 Augustus 2020 skryf die Gr.12-leerlinge hulle eerste Formele Departementele
Vraestelle.  (Die jaar is al amper verby …)  Hierdie groep leerlinge het alreeds talle  moeilike situasies
moes hanteer - en dit lyk of hulle "komkommer koel”  is tydens die skryf van hulle Afrikaanse Stel-
werk Vraestel 3.  Die dag daarna was dit Engels Vraestel 3 !!!   In die eerste kwartaal was daar wel
interne formele assesserings gedoen en dit het hulle darem "soort van" voorberei.
 
Gr. 12’s ons hou styf duimvas vir julle - julle is nie verniet CHRISSIES nie - STERKER DEUR 
EENHEID ! 
 
 
 
 
 
 
 
Verbruikerstudie - Gr. 10
Dié graad 10’s  lyk baie in hulle skik met hulle “skeppings”.  Mens kan glad
die glimlagte agter die maskers sien.   Dit lyk heerlik !
 

 

 
 
 
 
Graad 2
Gedink daar word niks gedoen by die skole nie ?  Dink weer !  
Ons Graad 2 maats het meer geleer oor vervoer.  Hier is hul eie skeppings by hul
tuintjies voor hulle klas.  
 
 
 
 
 
 
 
 
 
2020 - TEGNOLOGIE
Die Gr. 9’s van Juf. Maryke Durow het die kennis wat hulle in Tegnogie aangeleer het, gebruik om brûe te bou. Die brug
moes ontwerp word en ’n prototipe moes op skaal gebou word om te kompeteer vir ’n tender om die brug te vervang in
Christiana.  Indien dit ooit nodig sou wees, kan die “dorpsvaders” maar by die klomp kom kers opsteek !
 

 
 
 
2020 - KUNS
Die Gr.3’s van Juf. Alta Stevens & Juf. Rina Bester moes met klei monsters / maskers van monsters maak …. brrrr.  
Gelukkig is dit van klei !  As jy te bang word, rol jy dit gou weer in ’n bolletjie !
 
 
 
 
 
 
 
 

 


 2020:  SKOOL IS HARDE WERK !
Ons nuwe Gr.1’s het sommer van dag een af besluit om baie hard te werk !